Nuwe strategie om aftreedoelwitte to bereik
Nuvve strategie om aftreedoelwitte te bereik al die waarde van jou aftree- inkomste verseker dat jy so gerieflik leef as watjy gewoond is wanneer jy aftree?
Dit gaan nie oor die waarde van jou opgehoopte spaargeld en opbrengs op jou beleggings nie, maar oor aftree- doelwitte en die waarde wan jou toe- komstige inkomste. Dit is wat die Suid-Afrikaanse aan- spreeklikheidsgedrewe beleggings- bestuurder Colourfield en Robert Merton, Nobelprys-bekroonde ekonoom en afgetrede professor van die Harvard- universiteit, oor die toekoms van aftree- planne sé.
Merton, ‘n residentwetenskaplike by Dimensional Holdings, is vandees- week deur Colourfield in Suid-Afri- ka verwelkom. Hy het met Finweek by Melrose Arch in Johannesburg gesels en die belangrikheid van vas- tebydrae-aftreeplanstrategieii (DC) benadruk.
Die strategiee verskuif die klem vanaf opgehoopte spaargeld en beleggingsopbrengste na individue se beleggingsdoelwitte en die instelling van maniere om te verseker dat hul geld groei om die geteikende waarde van toekomstige inkomste te bereik. Colourfield is besig om die bekend- stelling van ‘n plaaslike DC-aftreeplan te finaliseer in vennootskap mat die multi- nasionale beleggingsfirma Dimensional Fund Advisors LP (Dimensional) ten einde die uitdagings van aftree- en pen- sioenfondse in Suid-Afrika die hoof te bied.
Die plan sal volgens Colourfield na verwagting binne die volgende ses maan- de bekendgestel word. Colourfield se uitvoerende hoof, Costa Economou, sé die bedryfis gro- tendeels onbewus van hierdie soort doel- witgegronde aftreestrategie en dat dit die rede is waarom baie mense met te min spaargeld aftree.
Economou sé iemand wat 40 of 50 jaar oud is en ‘n aftreefonds het, sal waarskyn- lik vol vertroue wees dat hy of sy genoeg gespaar het. Maar wanneer so ‘n persoon se toekomstige inkomste bereken word wanneer hulle nader aan aftrede is, dan besefhulle dat wat hulle as ‘n toereikende bate beskou het (miskien RI miljoen of R1,5 miljoen) heelwat minder is wanneer dit deur ‘n versekeraar ofvoorsiener van ‘n annuiteit in ‘n pensioen omskep word.
DC SIEN DAT DIT NOODSAAKLIK IS OM TE VERANDER, ONS MOET BESEF DAT DIE DOELWIT AFTREE-INKOIVISTE IS. ONS MOET RISIKO MEET VOLGENS INKOMSTE EN NIE VOLGENS DIE WAARDE VAN DIE PORTEFEULJE NIE.
Om sake in perspektiefte stel, sé Merton ‘n persoon in Amerika wat nie risiko wou loop nie, so agt tot nege jaar gelede ‘n skatkiswissel kon uitneem (die ekwiva- lent van ‘n staatsobligasie in Suid-Afri- ka) wat deur die regering gewaarborg was.
Destyds sou dit jou groei van 4% tot 5% gee, sodat dit op ‘n belegging van $100 000 ongeveer $4 000 tot $5 000 per jaar sou groei. En hoewel die bedrag wat vanjaar belt word, steeds $100 000 is, sal jy een tiende van 1% op daardie skatkiswissel verdien, dit wil sé ‘n skame- le $100. Hoekom? Dit is nie omdat die waarde van jou geld weens inflasie ver- minder het nie, maar omdat rentekoerse gedaal het, sé Merton.
“Die belegger het hom op die $100 000 toegespits en die geld is steeds $100 000 werd, maar die probleem is dat die geld wat jy [tydens aftrede] op jou belegging verdien belangriker is omdat jy daarop moet lewe. Die belegger het die regte ding gedoen, maar met die verkeer- de maatreiil,” sé Merton.
Hy sé ook dat dit mense kan mis- lei omdat die verkeerde risikomaatreel gebruik word. “DC sien dat dit noodsaaklik is om te verander, ons moet besef dat die doel- wit aftree-inkomste is. Ons moet risiko meet volgens inkomste en nie volgens die waarde van die portefeulje nie,” sé Merton.
Merton sé die risiko moenie gegrond wees op die ouderdom van die lid van die fonds nie, maar hoe na aan die doelwit hy of sy daaraan is om die aftreedoelwit te bereik. En nadat die aftreedoelwit bereik is, kan risiko verlaag word. Economou sé die meeste rade van trustees met wie hulle gepraat het, is gre- tig vir die soort strategic, en hulle is vol vertroue dat dit sal voldoen aan wat hulle vir lede van aftreefondse wil bereik.